Product Description
Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes
Author: Philip de Vos • Illustrator: Piet Grobler
Format: Hardback
Recommended for ages 9+
South African Literary Awards: Children's Literature Award 2023
In die wonderlike tweeling Philip de Vos en Piet Grobler se dertiende boek saam, is daar allerhande dinge wat tussen die bladsye wegkruip: rooikop-tokkelossiesin tokkelossiebossies, miere met voorname en Aspoestertjie met haar stink tekkies.Daar is dinge wat jou sal laat lag en dinge wat jou sal laat dink: spinnekoppiesmet piepklein hartekloppies, vissies in blikkies en duisendpote met liddorings.Dit is ’n land waar elke voëltjie sy eie lied het, die land van wie-weet-waar; dieland waar jy oplaas die maan se skemerlig aan ’n wilgerboom se tak kan hang.Dit is ’n wonderland vir kinders en hulle ma’s en hulle pa’s en hulle ouma- en oupagrootjies.
About the Author
Philip de Vos is ’n oud-onderwyser, oud-operasanger, fotograaf en skrywer van Afrikaanse en Engelse gedigte en kinder- en jeugverhale. Hy is veral bekend vir sy ligte rympies asook limerieke.
Verder is hy ook 'n rymvertaler en skrywer en radio-aanbieder van reekse oor klassieke komponiste.
About the Illustrator
Piet Grobler is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer, kunstenaar en illustreerder wat al verskeie nasionale en internasionale toekennings vir sy werk ontvang het. Hy het reeds meer as sewentig boeke geïllustreer.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace