CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Stalmaats 21: Tweede kans

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799389432
UPC:
9780799389432
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Stalmaats 21: Tweede kans

Author: Lize Roux

Format: Paperback

 

Die laaste boek in hierdie supergewilde perdereeks!

Al die Stalmaats-ruiters is in rep en roer oor die nuus dat ’n nuwe ryskool op die dorp oopmaak.

Josh, die eienaar se seun, is boonop saam met Anri, Megan en Karen in die klas – en hy probeer almal ompraat om Hoefslae ’n kans te gee. Anri en die res van die Stalmaats is baie lojaal aan die Dagbreek-ryskool, maar die nuwe ryskool is baie goedkoper en die eienaar was op sy dag ’n bekende Suid-Afrikaanse ruiter… Kan dit dalk die einde van die Dagbreek-ryskool beteken?

Om dinge erger te maak, lyk dit boonop of Josh met sy seegroen oë en blonde krulhare ’n ogie op Anri het – en Anri se kêrel, Jacques, is glad nie gelukkig daarmee nie… en sy ma en pa is boonop die eienaars van Dagbreek.

Toe Anri-hulle ’n geheim oor die nuwe ryskool uitvind, spat die vonke behoorlik!

Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie is die laaste boek in dié bekroonde en geliefde perdereeks waaroor jong perdeliefhebbers al jare lank gaande is.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Stalmaats
Publication Date:
01/02/2019
Language:
Afrikaans
Pages:
72
Dimensions:
190 × 137 × 20 mm