CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Oor jou dooie liggaam

R320.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9781779860040
UPC:
9781779860040
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Oor jou dooie liggaam

Author: François Bloemhof

Format: Paperback

 

Die 24-jarige vryskutspeurder Ludo Labuschagne ry vir ’n naweek saam met sy vriendin Zelda na ’n koringplaas buite Bredasdorp. Hulle kuier by Zelda se suster Amanda en dié se man, Kleinjan Kloppers.

Die jong egpaar bly in ’n afsonderlike huis op Kleinjan se pa se plaas. Daar is ’n jonger broer, Tjaart.

Van die begin af is dit duidelik hoeveel druk daar op hulle was om die familienaam voort te sit. Dan gebeur dinge op ’n streep.

Die dorp se “ou dokter” verdwyn. So ook Colette, ’n meisie met losse sedes wat swanger is met die kind van die ryk jong man van die dorp, Pieter van Pletzen.

En Amanda kry ’n dogtertjie, maar is vreesbevange dat iemand nou jong vroue en hulle babas teiken. Ludo besef hy het ’n saak.

Hy is egter nie welkom op die plaas, waar ’n paranoïese Amanda pas die huishulp weggejaag het nie. Ludo installeer sy en sy ma se huishulp, Felicity, in die huis om ’n ogie te hou.

Hy self gaan in die plaaslike hotel tuis. Zelda is op die plaas om met die baba te help, en haar en Amanda se ouers is ook daar.

Dinge raak nog donkerder. Pieter van Pletzen word afgepers, anders sal hy nooit die seuntjie sien wat glo intussen gebore is nie.

Die dokter kry dit reg om uit aanhouding te ontsnap, maar word doodgery en nie weer gesien nie. Daar is nou ’n groot duik in die Klopperse se buurman se bakkie.

En na ’n veldbrand kom mense af op die lyke van twee vroue. Colette is waarskynlik een van hulle, maar wie was by haar?

 

About the Author

François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien is hy al skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien skryf hy baie suksesvol en uitgebreid vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
01/06/2024
Language:
Afrikaans
Pages:
300
Dimensions:
234 × 153 × 17 mm
Weight:
0.3 kg