CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Iewers vlieg daar fairy dust

R270.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799366624
UPC:
9780799366624
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Iewers vlieg daar fairy dust

Author: Marisa Haasbroek

Format: Paperback

Recommended for ages 15+

 

Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Dit is die rede waarom sy ’n gehawende ou dokterstas onder haar bed bêre en in haar vrye tyd in die videowinkel werk.

Maar waar sy vandaan kom, is dit ’n gróót droom.

Te groot.

Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp. Dis hoe die maatskaplike werker en haar helpers dit noem. En Mevrou. Die rykmansvrou wat soms daar kom liefdadigheidswerk doen en so ’n dun glimlaggie het. Die mense wat daar bly, noem dit sommer Plot 717.

Dis waar Elmien saam met haar ouma en haar twee niggies in ’n Wendyhuis woon.

Dis waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly.

Dis waar sy geheime ontdek wat haar hele lewe op sy kop keer.

’n Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome tóg waar kan word, soms op die mees onverwagse maniere …

 

About the Author

Marisa Haasbroek woon naby Rayton, Gauteng, saam met haar man en twee kinders. Voor die geboorte van haar kroos was sy redakteur van verskeie korporatiewe tydskrifte en het sy talle artikels en kortverhale vir bekende tydskrifte geskryf.

Onder die skrywersnaam Rykie Roux het sy haar mettertyd as een van die gewildste skrywers van liefdesverhale in Afrikaans gevestig. Iewers vlieg daar fairydust is haar eerste roman vir tienerlesers.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
23/04/2014
Language:
Afrikaans
Pages:
224
Dimensions:
212 × 137 mm
Weight:
0.2 kg