CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

CAPS Thomas@sms.net

R180.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799359817
UPC:
9780799359817
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

CAPS Thomas@sms.net

Author: Carina Diedericks-Hugo

Format: Paperback

Recommended for ages 9+

 

Die nuwe skooljaar begin nie goed vir Thomas nie. Eers het hy en Hannes ’n nagmerrieondervinding in ’n hyser en dan word hy vir ’n week lank geskors omdat hy die ou drel van ’n Piet Senekal geslaan het. Thomas se pa is so kwaad hieroor, dat hy hom verbied om naby enige rekenaar te kom en hom vir ’n week lank hok! Dit beteken dat Thomas die interhuisdans gaan misloop – sy enigste kans om vir Alex amptelik te vra om sy meisie te wees. Die enigste voordeel van die paar dae by die huis, is dat Louisa, sy stiefma, hom kan help om voor te berei vir die toneeloudisie – die manlike hoofrol kry immers die kans om vir Alex te soen! Maar dan begin ’n reeksmoordenaar paniek saai in Kaapstad en dit lyk asof dinge nie heeltemal gaan uitwerk soos wat Thomas beplan het nie. Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

 

About the Author

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Ná matriek aan Herschel Girls' School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), honneurs Afrikaans en Nederlands en MPhil (Joernalistiek).

Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U., Permanente Ink en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys.

Sy het die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen. As sy nie stories skryf nie, werk sy as bemarkings- en handelsmerkbestuurder in die wynbedryf.

Carina woon op Stellenbosch en put haar inspirasie uit lees, deur vreeslik baie kaas te eet, Osbloed-wyne en vonkelwyn te drink, haar twee katte, en kuiers Sondae op ’n stoep.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
02/09/2013
Language:
Afrikaans
Pages:
104
Dimensions:
212 × 137 mm
Weight:
0.2 kg