Product Description
Agent Snoet 5-in-1
Authors: François Bloemhof, Alistair Ackermann
Format: Paperback
Recommended for ages 7+
Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ... Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie! Saam het dié gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, ’n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en ’n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm. Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in dié fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek: Agent Snoet en die Botterdiamant Agent Snoet en die Kattekwaad Agent Snoet en die Hondelewe Agent Snoet en die Groen Genugtig Agent snoet en die Windlawaai
About the Authors
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien is hy al skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.
François Bloemhof se skryfloopbaan het in graad nege begin toe sy Engels-onderwyseres hom 97% vir ’n kortverhaal gegee het. Sedertdien skryf hy baie suksesvol en uitgebreid vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte.
Behalwe talle toekennings en benoemings vir sy boeke het hy al ’n kabaret, strokiesverhale, verhoogstukke, TV- en rolprentdraaiboeke en bekroonde radiodramas en -vervolgverhale geskryf.
Wêreldeerstes sluit in ’n interaktiewe koerant-vervolgverhaal, ’n jeugroman met eie rekenaarspeletjie, ’n Flipom, ’n roman met ’n oorspronklike klankbaan en ’n multimedia-boek, Die Duisend en Eerste Nag.
Sy wiedoenit-reeks vir volwassenes met Ludo Labuschagne speel in 1981 af.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace