CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase – 'n Gids vir Suid-Afrikaanse Studente en Onderwysers (2de uitgawe)

Now: R684.00
Was: R720.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780627037740
UPC:
9780627037740
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase – 'n Gids vir Suid-Afrikaanse Studente en Onderwysers (2de uitgawe)

Authors: M Naudé, C Meier

Format: Physical Hardcopy

Die rol van ’n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroeë en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en lê hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan.

Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met ’n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teorieë aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die konsepte afrikanisering van die kurrikulum en etnowiskunde word ook bespreek.

Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel.

Die inhoud sluit die volgende in:

Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase is ’n onontbeerlike handleiding vir beginneronderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle verkryging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word.

Features:

  • Basiese beginsels oor die verwerwing van wiskundige vaardighede en kennis

  • Diversiteit in die wiskunde-klaskamer

  • Onderrig en leer van wiskunde in Graad R

  • Ontwikkeling van getalbegrip

  • Patrone, funksies en algebra in die Grondslagfase

  • Onderrig en leer van ruimte en vorm

  • Onderrig en leer van meting

  • Datahantering in die Grondslagfase

  • Wiskunde-assessering in die leerdergesentreerde klaskamer

  • ’n Afdeling oor die gebruik van tegnologie in die onderrig en aanleer van wiskunde wat elke hoofstuk afsluit

Contents:

  • HOOFSTUK 1 HOE LEERDERS IN DIE GRONDSLAGFASE WISKUNDE LEER

  • HOOFSTUK 2 WISKUNDE-ONDERRIG IN DIE GRONDSLAGFASE VIR KULTUREEL DIVERSE LEERDERS

  • HOOFSTUK 3 WISKUNDE-ONDERRIG IN GRAAD R: ’N SPELGEBASEERDE BENADERING

  • HOOFSTUK 4 ONTWIKKELING VAN GETALBEGRIP BY LEERDERS IN DIE GRONDSLAGFASE

  • AFDELING A Ontwikkeling van getalkonsep: tel AFDELING B Getalbegripontwikkeling: orden, vergelyk en beskryf heelgetalle AFDELING C Onderrig van die vier basiese bewerkings in wiskunde deur probleemoplossing AFDELING D Onderrig van plekwaarde wat lei tot die opbou en afbreek van getalle AFDELING E Outomatisiteit in berekeninge AFDELING F Onderrig van breuke aan Grondslagfase-leerders

  • HOOFSTUK 5 PATRONE, FUNKSIES EN ALGEBRA IN DIE GRONDSLAGFASE

  • HOOFSTUK 6 LEER OOR RUIMTE EN VORM IN DIE GRONDSLAGFASE

  • HOOFSTUK 7 LEER OOR METING IN DIE GRONDSLAGFASE

  • HOOFSTUK 8 DATAHANTERING IN DIE GRONDSLAGFASE

  • HOOFSTUK 9 ASSESSERING VAN WISKUNDE IN DIE GRONDSLAGFASE


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Van Schaik Publishers
Publisher Title:
Wiskunde-Onderrig in die Grondslagfase – 'n Gids vir Suid-Afrikaanse Studente en Onderwysers (2de uitgawe)
Authors:
M Naudé, C Meier
Format:
Physical Hardcopy