CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Navorsing – 'n gids vir die beginnernavorser (2de uitgawe)

Now: R541.50
Was: R570.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780627040849
UPC:
9780627040849
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Navorsing – 'n gids vir die beginnernavorser (2de uitgawe)

Authors: I Joubert, C Hartell

Format: Physical Hardcopy

Navorsing: ’n Gids vir die beginnernavorser behandel basiese inligting oor navorsing vir beginnernavorsers op voor- en nagraadse vlak. Die boek kan ook gebruik word by die onderrig van navorsing op voor-en nagraadse vlak. Onderwerpe soos selfbestuur, verhouding met jou studieleier, kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing, asook gemengde navorsingsmetodes word verduidelik met voorbeelde en praktiese benaderings.

Daar is ook ’n hoofstuk ingesluit wat die navorser sal help met die aanbieding van navorsingsresultate, soos by konferensies. ’n Nuwe hoofstuk wat die mees algemene vrae van studente behandel sal ’n bydrae lewer tot ’n beter begrip van navorsing. Begrip van navorsing in die moedertaal sal studente baat wanneer Engelse teks gelees word.

Akademici vanuit die wye spektrum van die opvoedkundedissipline van verskeie universiteite het ’n bydrae tot die boek gelewer. Die onderskeie uitgangspunte van die skrywers tot die inhoud van hulle hoofstukke dra by tot die sukses van die boek.

Die voorwoord is geskryf deur Prof. Irma Eloff, wat ’n nasionaal en internasionaal erkende navorser is. Reeds 50 meesters- en doktorale studente het hulle studies in opvoedkundige sielkunde onder haar leiding voltooi. In 2012 is sy aangewys as een van drie mees invloedryke vroue in sakebestuur in Suid-Afrika, in die kategorie Opvoeding.

Contents:

  • DEEL 1 ALGEMEEN

  • HOOFSTUK 1 ’n Inleiding tot navorsing

  • HOOFSTUK 2 Riglyne vir navorsingsvoorstelle vir opvoedkunde studies

  • HOOFSTUK 3 Etiese aspekte in navorsing

  • HOOFSTUK 4 Steekproefneming

  • DEEL 2 KWALITATIEWE NAVORSING

  • HOOFSTUK 5 Kwalitatiewe navorsing: data-insameling en -analise

  • HOOFSTUK 6 Gevallestudie: riglyne vir ontwerp en uitvoering van die navorsing

  • HOOFSTUK 7 Aksienavorsing

  • HOOFSTUK 8 Praktykgerigte navorsing

  • HOOFSTUK 9 Etnografie

  • HOOFSTUK 10 Begronde teorie as navorsingsmetode

  • HOOFSTUK 11 Dokumentnavorsing

  • DEEL 3 KWANTITATIEWE NAVORSING

  • HOOFSTUK 12 Kwantitatiewe navorsing

  • HOOFSTUK 13 Kwantitatiewe navorsingstrategieë

  • HOOFSTUK 14 Kwantitatiewe data-insamelingsmetodes/-instrumente

  • HOOFSTUK 15 Statistiek vir die beginnernavorser

  • DEEL 4 ADDISIONELE BENADERINGS TOT NAVORSING HOOFSTUK 16 Die gemengde navorsingsmetode HOOFSTUK 17 Inleiding tot Q-metodologie as navorsingsmetode

  • DEEL 5 VERSLAGDOENING HOOFSTUK 18 Rapportering van ’n navorsingsprojek

  • DEEL 6 NAVORSING: TEN SLOTTE HOOFSTUK 19 Teoretiese perspektiewe by navorsingsontwerp


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Van Schaik Publishers
Publisher Title:
Navorsing – 'n gids vir die beginnernavorser (2de uitgawe)
Authors:
I Joubert, C Hartell
Format:
Physical Hardcopy