Product Description
Kinders se voëls van Suider-Afrika
Author: Hélène Loon
Format: Paperback
Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer. Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy. ’n Volledige inleiding verduidelik konsepte soos hofmakery, migrasie en ververing.
Meer as 500 treffende foto’s is ingesluit, waarvan baie aantekeninge het om interessante eienskappe aan te toon. Verkoopspunte: Tweede titel in die reeks wat met Kinders se Slange van Suider-Afrika afgeskop het. Dek meer as 60 van suider-Afrika se mees algemene en interessante voëlgroepe. Vol fassinerende feite en het-jy-geweet-brokkies. Lewendige, kleurryke ontwerp met treffende foto’s.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.