Product Description
Newman se Voëls van Suider-Afrika (Gedenkuitgawe) - PVC Cover
Authors: Kenneth Newman, Vanessa Newman
Format: Paperback
Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voelboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se voelkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voelkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei.
Die titel bevat al die voels wat waargeneem is tussen Antarktika en die Zambesirivier, en sluit in voels van die Suidelike Oseaan, Suid-Afrika, Zimbabwe, Namibie, Botswana, Swaziland, Lesotho en Mosambiek. Die bekende, gebruikersvriendelike formaat van Newman se Voëls van Suider Afrika is behou, maar die boek spog met 'n moderne nuwe voorkoms. Kleurkodes is gebruik vir voelgroepe en kruisverwysings tussen die teks, en illustrasies is behou.
Die bekende groot, akkurate illustrasies van elke spesie wys die voel soos wat hy in die veld voorkom, en byskrifte tot die illustrasies lig nou hoofkenmerke uit.
'n Hersiende inleiding wys lesers stap-vir-stap hoe om die nuutste uitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika te gebruik.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.