Product Description
Volledige fotografiese veldgids: Voëls van Suider-Afrika
Authors: Ian Sinclair, Peter Ryan
Format: Paperback
Die grootste en omvattendste fotogids van Suider-Afrika se voëls in een boekdeel, dié boek verleen ’n nuwe dimensie aan die uitkenning van voëls in die streek. Dit beskryf en illustreer al 958 voëlspesies plus 17 spesies van Antarktika en die eilande van die Suidelike Yssee.
Meer as 2 500 kleurfoto’s wys verekleedverskille en kleurmorfe. Die teks fokus op uitkenning, roepe, habitat, status, broeibesonderhede en kos. Verspreidingskaarte wys stand- en trekvoëlstatus en voëldigtheid, en kalenderbalke wys wanneer spesies broei. ’n Onontbeerlike metgesel in die veld.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.