Early Bird Spring Sale – Banner & Hero
15% OFF Sitewide · 1–30 September

Our Biggest Sale of the Year

EARLY BIRD 🐣 SPRING SALE

Order early and get 15% off all textbooks.
Beat the back-to-school rush – at unbeatable prices.

CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Weefselsoute vir heilsaamheid (2de uitgawe)

R270.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781770077744
UPC:
9781770077744
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Weefselsoute vir heilsaamheid (2de uitgawe)

Author: Margaret Roberts

Format: Paperback

Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees – een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute – ook bekend as sel- of biochemiese soute – is ’n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees.

Dié soute word in die natuur in die aarde se gesteentes en grond aangetref en kom natuurlik voor in gewasse wat organies in mineraalryke grond gekweek is. Maar met die vinnige tempo van die moderne lewe en die tydbesparende gemors- en geprosesseerde kos wat ons geneig is om te eet, ontbreek dit in ons liggame en word ons vatbaar vir’n wye reeks kwale.

Margaret Roberts deel in hierdie boek haar uitgebreide ervaring van hoe om die dieet met weefselsoute aan te vul en hoe dit nie net goeie gesondheid bevorder nie, maar ook spesifieke kwale behandel – in die vorm van ’n tablet wat maklik is om te neem of deur middel van druppels.

Margaret beklemtoon dat dit ook belangrik is om baie vrugte, groente en kruie ryk aan die bepaalde minerale te eet, en die name daarvan verskyn in elke hoofstuk. Weefselsoute is binne almal se bereik omdat hulle goedkoop en geredelik by apteke oral in die land beskikbaar is. Dit is die natuur se manier om ’n moeë, afgematte liggaam weer blakend gesond te maak en wakker en positiewe denke te herstel.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Struik Nature
Publisher Title:
Weefselsoute vir Heilsaamheid
Authors:
Margaret Roberts
Format:
Paperback
Pages:
128
Language:
Afrikaans