CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Studiegids: Al wat ek weet

R140.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780639601366
UPC:
9780639601366
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Studiegids: Al wat ek weet

Author: Dewald Koen

Format: Paperback

 

Hierdie gids is spesifiek geskryf vir leerders wat Afrikaans as Addisionele Taal op skool studeer. (Van der Vyver se roman is wel geskik vir ’n Afrikaans Huistaal-klas en kan met vrug deur onderwysers en leerders bestudeer word.) Die gids bevat inligting en aktiwiteite wat as hulpmiddel vir die onderwyser dien. Die daaropvolgende vrae en woordeskat sal die inhoud meer toeganklik vir veral die nie-moedertaalspreker maak. Die gids is so gebruikersvriendelik as moontlik uiteengesit om die onderrigproses te vergemaklik. Onderwysers sal gevolglik in staat wees om ’n omvattende uiteensetting van belangrike literêre aspekte in die roman vooraf aan die leerders te verduidelik wat as inleiding tot die roman sal dien. Vrae word per hoofstuk gevra met relevante woordeskat om leerders in staat te stel om die narratief beter te verstaan, maar ook hul eie Afrikaanse woordeskat in die proses uit te brei.

 

About the Author

Dr. Dewald Koen is verbonde aan die Nelson Mandela Universiteit se opvoedkundefakulteit waar hy Afrikaansmetodiek asook Afrikaanse Letterkunde doseer.

Naas resensies en akademiese artikels, skryf hy gereeld onderwysersgidse gebaseer op Afrikaanse jeugromans. Sy eerste kortverhaal “’n Nuwe begin” is in Die perfekte brander en ander verhale opgeneem.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
23/04/2021
Language:
Afrikaans
Pages:
56
Dimensions:
212 × 137 mm
Weight:
0.1 kg