Product Description
Dinge wat ek nie van skape geweet het nie
Author: Jaco Jacobs
Format: Paperback
Recommended for ages 11+
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie.
In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip.
Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het.
Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om ’n skaap te steel.
Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma – die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare ’n geheim saam met haar ronddra. En die belangrikste van als: Hy leer homself ken.
Kort voor lank verander ’n vervelige rit deur die Karoo in ’n onvergeetlike reis ...
About the Author
Jaco Jacobs is die skrywer van vele bekroonde, topverkoper boeke vir kleuters, kinders en tieners. Hy vertaal graag en het al vertalings vir kinders en tieners in beide fiksie- en niefiksieboeke gedoen.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace