Product Description
Op my planeet: die beste rympies van Jaco Jacobs
Author: Jaco Jacobs
Format: Hardback
Recommended for ages 5+
Welkom op ’n planeet propvol pret! Jaco Jacobs se planeet is ’n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur.
Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of ’n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe ’n skoonheidskompetisie vir monsters werk … of die waarheid oor haaie uitvind.
Jy kan ontdek jou boetie is ’n ruimtewese … jou troetel-dinosourus saam skool toe vat ... of ’n luislang kan jou ouma insluk! Daar is deesdae byna nie ’n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie.
Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het ’n hele rits rympies uit sy pen gevloei. Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende: * Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje) * ’n Brulpadda in my tas * My boetie dink hy’s Batman * Kougom in my hare * Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers; En daar is ook ’n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!
About the Author
Jaco Jacobs is die skrywer van vele bekroonde, topverkoper boeke vir kleuters, kinders en tieners. Hy vertaal graag en het al vertalings vir kinders en tieners in beide fiksie- en niefiksieboeke gedoen.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace