Product Description
'n Inleidende perspektief op kurrikulumstudies
Authors: C le Hanie, S Bester
Format: Physical Hardcopy
In die onlangse verlede het die veld Kurrikulumstudies, oftewel die bestudering van die kurrikulum, sy verskyning gemaak in onderwysersopleidingsprogramme aan Suid-Afrikaanse universiteite nadat dit nog altyd afgeskeep en selfs misgekyk is.
Tans is daar 'n tekort aan handboeke om hierdie groeiende studieveld aan studente bekend te stel, des te meer Afrikaanse handboeke. Hierdie boek voorsien in daardie behoefte.
Die teikenmark van die boek is nie net onderwysstudente nie (hetsy BEd eerste jaar tot BEd-Hons, of studente vir die Nagraadse Onderwyssertifikaat), maar ook kurrikulumontwikkelaars, onderwysbeplanners, gehalteversekeringsbeamptes en ander belanghebbendes in die Opvoedkunde.
Die boek is gebaseer op voorbeelde sodat die teorie nie as abstraksie hanteer word nie, en beter deur die teikengroep begryp kan word. Sodoende word dit sinvol voorgehou aan almal wat op die een of ander wyse betrokke is by Opvoedkunde, en meer spesifiek by die deeldissipline Kurrikulumstudies.
Die inhoud sluit die volgende in:
Features:
-
Kurrikulumteorie
-
Eietydse tendense in kurrikulumstudies
-
Kurrikulumontwikkeling op makro-, meso- en mikrovlak
-
'n Voorbeeld van kurrikulumontwikkeling
-
Vergelykende kurrikulumstudies
-
Kopskuif in leer- en onderrigpraktyke: integrering van digitale tegnologieë
-
Onderrig en leer vir 21ste eeu-vaardighede sonder tegnologie
-
Assessering in kurrikulumstudies: teoretiese grondslae en praktiese toepassings
-
Institusionele navorsing
-
Herkurrikulering op tersiëre vlak
-
Gehalteversekering
Contents:
-
Hoofstuk 1: Kurrikulumteorie
-
Hoofstuk 2: Kontemporêre tendense in kurrikulumstudies
-
Hoofstuk 3: Kurrikulumontwikkeling op makro-, meso- en mikrovlak
-
Hoofstuk 4: Voorbeeld van kurrikulum-ontwikkeling
-
Hoofstuk 5: Vergelykende kurrikulumstudies
-
Hoofstuk 6: Kopskuif in onderrig-en-leerpraktyke: integrering van digitale tegnologieë
-
Hoofstuk 7: Onderrig en leer vir 21ste eeu-vaardighede, sonder tegnologie
-
Hoofstuk 8: Assessering in kurrikulumstudies: teoretiese grondslae en praktiese toepassings
-
Hoofstuk 9: Institusionele navorsing
-
Hoofstuk 10: Herkurrikulering op tersiëre vlak
-
Hoofstuk 11: Gehalteversekering
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.