Product Description
ZOEM! Avontuur op ’n eiland
Author: Theresa van Baalen
Format: Paperback
Recommended for ages 7+
Reis saam met Alex en Christiaan en beleef opwindende avonture! Wanneer Alex se ouer nefie, Christiaan, sy eerste kar kry, is dit die begin van die twee seuns en die hond, Tjomper, se tydreise.
Want dit is nie sommer enige kar nie, hierdie kar het ’n spesiale knoppie wat jou na ’n ander plek laat ZOEM! In die eerste storie beland Alex, Christiaan en Tjomper op ’n eiland saam met ’n seerower.
En die seerower wil nie sy eiland deel nie!
About the Author
Theresa van Baalen skryf stories vir alle ouderdomsgroepe, maar is veral bekend vir die prenteboek Karla Krullebol, asook die Sanri Steyn-reeks. Sy is van kleins af ’n boekwurm en alhoewel sy mettertyd ook boeke vir volwassenes begin lees het, het sy nooit haar voorliefde vir kinder- en jeugboeke ontgroei nie.
As skrywer is dit steeds haar eerste liefde en sy kan nie aan ’n lekkerder werk dink as om stories vir jong lesers te skryf nie. Theresa woon op Port Nolloth waar sy ’n stukkie halfwoestyn in ’n tuin probeer verander en plesier put uit die manewales van ’n klomp halfmak wilde katte.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace