Product Description
Zackie Mostert en die monster-melkskommel
Author: Jaco Jacobs
Format: Paperback
Recommended for ages 9+
Dit is SKOOLVAKANSIE!
Zackie en Vincent gaan sommer hope pret hê! Hulle gaan swem skaatsplank ry in die parkie en met hulle watergewere speel.
Maar soos gewoonlik is Anton die boelie ook in die omtrek. En hierdie keer het hy iemand wat hom gaan help om Zackie-hulle se pret te bederf.
Boonop het mevrou Langenhoven kuiergaste vir die vakansie – en Zackie en Vincent word gedwing om met die VERVELIGE tweeling te speel.
Dit lyk of dit die aakligste vakansie OOIT gaan wees! Maar toe ’n splinternuwe restaurant sy deure open met ’n kompetisie om te kyk wie die meeste Monster-melkskommels kan drink begin dit lyk of die vakansie dalk GROOT pret kan wees ... Die wenner kry immers ’n splinternuwe WILDE WOESTE WATERGEWEER as prys ...
About the Author
Jaco Jacobs is die skrywer van vele bekroonde, topverkoper boeke vir kleuters, kinders en tieners. Hy vertaal graag en het al vertalings vir kinders en tieners in beide fiksie- en niefiksieboeke gedoen.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace