CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Wildplaasbestuur (5de uitgawe)

Now: R1,876.25
Was: R1,975.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780627035739
UPC:
9780627035739
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Wildplaasbestuur (5de uitgawe)

Authors: J du P Bothma, JG du Toit

Format: Physical Hardcopy

Hierdie vyfde uitgawe van Wildplaasbestuur is geskryf deur 36 kenners op verskeie gebiede, en die redakteurs is ’n ervare ekoloog en ’n wildveearts. Die gids is so volledig moontlik en alle hoofstukke is hersien en bygewerk.

Daar is uitgebreide inligting oor inligtingstelsels en databestuur; die ekonomie van die wildbedryf in Suid-Afrika; bakteriese, virus- en protosoïese wildsiektes; wildveilings; die aanhou, bestuur en jag van groot roofdiere; trofeejag; vleisproduksie; veldbestuur; en die rehabilitering van habitat. Die gegewens oor wildhandel en wildvangs is tot en met 2019 opgedateer.

Contents:

  • DEEL I: ALGEMENE RIGLYNE

  • DEEL II: WILDPLAASBEPLANNING

  • DEEL III: WILDE DIERE EN HULLE KENMERKE

  • DEEL IV: SIEKTES EN PARASIETE VAN WILDE DIERE

  • DEEL V: DIE BESTUUR EN BENUTTING VAN WILD

  • DEEL VI: HABITATBESTUUR

  • DEEL VII: LANDELIKE GEMEENSKAPPE

About the Author

Prof. Jacobus du Plessis Bothma het ’n BSc-graad in Dierkunde en Plantkunde en ’n MSc-graad in Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, en ’n PhD-graad in Natuurlewe-wetenskap aan Texas A & M Universiteit in die VSA. Hy was werksaam as roofdier-ekoloog totdat hy na behaling van sy PhD-graad deur die voormalige Transvaalse Afdeling Natuurbewaring na die Universiteit van Pretoria gesekondeer is om die eerste nagraadse kursus in Natuurlewebestuur aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit aan te bied en die Eugène Marais-leerstoel in Natuurlewebestuur te beklee. Daardie leerstoel het later die hoeksteen van die Sentrum vir Natuurlewebestuur in die Departement Vee- en Wildkunde aan die Universiteit van Pretoria geword waarvan hy die eerste Direkteur was. Die Sentrum vir Natuurlewebestuur is onlangs onder die vaandel van die Soogdiernavorsingsinstituut van die Departement Dierkunde en Entomologie geplaas. Hy het in Desember 2005 afgetree, maar sit as emeritus-professor sy navorsing en skryfwerk voort. Hy is tans reeds die skrywer, medeskrywer en redakteur van 24 boeke of hoofstukke in boeke, 104 gepubliseerde wetenskaplike artikels en 310 populêr-wetenskaplike artikels oor wild. Hy is as een van die uitstaande alumni van die Universiteit van Pretoria bekroon.

  Dr. Jacobus Gabriël du Toit het ’n landbougraad in Veeteelt aan die Stellenbosch Universiteit behaal, en ’n honneursgraad in Natuurlewebestuur en ’n graad in Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy het die eerste formele private wildveeartspraktyk in Suid-Afrika gevestig, en het baanbrekerswerk gedoen ten opsigte van die vestiging van olifante op wildplase, die teel van siektevrye buffels uit besmette ouers, die oes van renosterhorings vir kommersiële doeleindes, en die gebruik van olifante as bio-opspoorders vir die opsporing van landmyne. Sy primêre belangstellingsvelde is die teel van bedreigde wildsoorte en navorsing oor die genesende eienskappe van plante. Hy is ’n voorstander van toegepaste navorsing en ’n holistiese benadering tot wildproduksie. As lid van die SA Veterinêre Stigting het hy fondse gewerf vir talle wildprojekte.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Van Schaik Publishers
Publisher Title:
Wildplaasbestuur (5de uitgawe)
Authors:
J du P Bothma, JG du Toit
Format:
Physical Hardcopy