Product Description
Via Afrika Rekeningkunde Graad 11 Oefenboek
Format: Physical Hardcopy
Gebruik hierdie boek om al die oefeninge wat in jou Via Afrika Rekeningkunde Graad 11 Leerderboek voorkom, te voltooi.
Hierdie Rekeningkunde-kursus sal jou bemagtig om jou finansies by die huis te bestuur. Dit sal ook vir jou ’n nuttige hulpmiddel wees om in die toekoms ’n finansiële leier te word. Jy sal waardevolle kennis omtrent etiek, interne beheer en die rekonsiliasie van rekeninge inwin. Jy sal meer oor die algemene beginsels van rekeningkunde leer en insig in vennootskappe en organisasies sonder winsbejag verkry.
Kosterekeningkunde sal jou wys hoe om die omskakeling van rou materiale in finale produkte te bestuur, terwyl finansiële rekeningkunde jou meer oor vaste bates, inkomste en uitgawes sal leer. Hierdie boek sal jou dus ’n voorsprong gee om jou drome te verwesenlik, ongeag wat dit is.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.