Product Description
Vakansiepret 3: Die kolwyntjie-kompetisie
Author: Theresa van Baalen
Format: Paperback
Recommended for ages 7+
’n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai! Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai.
En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry ’n pamflet wat ’n kolwyntjie-kompetisie aankondig.
Dit maak almal opgewonde – selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan – en Jana en Alisha oefen sommer reeds voor die kompetisie hoe om kolwyntjies te bak. By die kompetisie verloop dinge nie so seepglad nie. ’n Kat wat gejaag word deur ’n hond storm by die kompetisie in en voor enige iemand kan keer, is die deelnemers se kolwyntjies op die vloer.
Gelukkig kan Jana en Alisha die kompetisie red ... Skielik lyk dit of vandag die beste dag óóit gaan word!
About the Author
Theresa van Baalen skryf stories vir alle ouderdomsgroepe, maar is veral bekend vir die prenteboek Karla Krullebol, asook die Sanri Steyn-reeks. Sy is van kleins af ’n boekwurm en alhoewel sy mettertyd ook boeke vir volwassenes begin lees het, het sy nooit haar voorliefde vir kinder- en jeugboeke ontgroei nie.
As skrywer is dit steeds haar eerste liefde en sy kan nie aan ’n lekkerder werk dink as om stories vir jong lesers te skryf nie. Theresa woon op Port Nolloth waar sy ’n stukkie halfwoestyn in ’n tuin probeer verander en plesier put uit die manewales van ’n klomp halfmak wilde katte.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace