CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799394030
UPC:
9780799394030
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne

Author: Theresa van Baalen

Format: Paperback

Recommended for ages 7+

 

’n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai – ’n nuwe glyplank is by die swembad opgerig!

Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die swembad.

Jana, haar ma en Alisha besluit om eerder roomys te gaan eet en daarna in die see te swem. Asof in ’n droom, swem en speel dolfyne saam met hulle.

Dit is beslis die beste dag óóit!

 

About the Author

Theresa van Baalen skryf stories vir alle ouderdomsgroepe, maar is veral bekend vir die prenteboek Karla Krullebol, asook die Sanri Steyn-reeks. Sy is van kleins af ’n boekwurm en alhoewel sy mettertyd ook boeke vir volwassenes begin lees het, het sy nooit haar voorliefde vir kinder- en jeugboeke ontgroei nie.

As skrywer is dit steeds haar eerste liefde en sy kan nie aan ’n lekkerder werk dink as om stories vir jong lesers te skryf nie. Theresa woon op Port Nolloth waar sy ’n stukkie halfwoestyn in ’n tuin probeer verander en plesier put uit die manewales van ’n klomp halfmak wilde katte.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Vakansiepret
Publication Date:
01/05/2019
Language:
Afrikaans
Pages:
48
Dimensions:
212 × 137 × 13 mm