Product Description
Studiegids: Wolk
Author: Hannes Barnard
Format: Paperback
Recommended for ages 13+
Hierdie gebruikersvriendelik en praktiese gids is perfek vir klaskamergebruik. Die gids sal leerders help om die roman Wolk se letterkundige aspekte beter te verstaan en die roman in geheel te geniet.
Dit kan in beide Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal-klasse gebruik word. Literêre aspekte word binne die konteks van die roman bespreek, daar is kontekstuele vrae met nasienriglyne, moontlike temas word uitgewys, interessante en moeilik woordeskat word uitgelig, en besprekingspunte en navorsingsonderwerpe word gegee.
About the Author
Hannes Barnard is ’n multigenre skrywer van Afrikaans en Engelse fiksie. Sy debuutjeugroman, Halley se komeet, is ook in Engels vertaal en wêreldwyd vrygestel.
Hy word benoem vir verskeie pryse vir die apokaliptiese Wolk-jeugromanreeks, onder andere die KykNet-Rapportprys. Wanneer hy nie skryf nie, is hy waarskynlik besig om oor sy volgende avontuur te droom.
Hy woon in Johannesbrug saam met sy vrou en werk as verkoopsbestuurder by ’n uitgewer.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace