Product Description
Studiegids: Lang pad onnetoe
Author: Marieta Nel
Format: Paperback
Recommended for ages 15+
Jy het net sestig naelbyt-sekondes om die belangrikste besluit van jou lewe te neem. Will is vyftien jaar oud. Hy het ’n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. En Will ken die reels. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Dit is waarheen Will op pad is, met die pistool agter by sy jean ingedruk, die pistool wat sy broer s ’n was. Hy klim in die hysbak, sewende vloer, vasbeslote. Hy weet wie se bloed hy soek. Of weet hy regtig? Die hele pad ondertoe, terwyl die hysbak op elke vloer stilhou, klim verskillende mense wat iets met die geweld in sy buurt te doen het op die hysbak. Elkeen van hulle vertel vir Will dele van ’n groter storie as die een wat hy dink hy ken… Hierdie woedende, verbluffend briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om ’n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen – en dit is nou boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers so aktueel en herkenbaar soos vanoggend se koerantopskrifte maak.
About the Author
Marieta Nel, ’n voormalige onderwyseres, is ’n kenner op die gebied van letterkundeopvoeding op skoolvlak. Sy het verskeie hoog-aangeskrewe studiegidse geskryf en is die medesamesteller van die gewilde kortverhaalbundels Sweef, Skreeu en Die Perfekte Brander.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace