CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter

R170.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9780798163149
UPC:
9780798163149
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter

Authors: Ralf Butschkow (illustr.), Jürgen Banscherus, Kobus Geldenhuys, Ralf Butschkow

Format: Softcover

Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski ’n speurder geword het? Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangslenter.

Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om ’n wêreldklas speurder te word.

Die Speurder Kwaaikofski-speurreeks is deur een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders geskep en het al meer as 850 000 eksemplare wêreldwyd verkoop. Die slinkse slangslenter is die vyfde storie in die Afrikaanse reeks.

Kwaaikofski is ’n 9-jarige seun met ’n avontuurlike stokperdjie: hy’s ’n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink.

Hy haal ook nooit sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy! Die intriges van die stories in die reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

Die boeke het eenvoudige woordeskat en is ideaal vir beginnerlesers (ouderdomme 6 tot 10)


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Human & Rousseau
Publisher Title:
Speurder Kwaaikofski: Die slinkse slangslenter
Authors:
Ralf Butschkow (illustr.), Jürgen Banscherus, Kobus Geldenhuys, Ralf Butschkow
Format:
Softcover