Product Description
Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieënde koei
Authors: Jürgen Banscherus, Kobus Geldenhuys
Format: Softcover
Hierdie keer is die negejarige speurder Kwaaikofski in die platteland, maar dit is allesbehalwe ’n vakansie. Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig.
Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene.
Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg ‘n mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie.
Die Speurder Kwaaikofski-speurreeks is deur een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders geskep en meer as 850 000 eksemplare is al wêreldwyd verkoop.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.