Product Description
Roosville Raaisels (1): Die vlinderdief
Author: Marita van Aswegen • Illustrator: Cheslea Taylor
Format: Paperback
Recommended for ages 9+
Karla is geskok om uit te vind dat iemand die raar en kosbare Blou Morf-vlinders uit die Skoenlapperhuis waar haar ma werk gesteel het – en nou kan haar ma dalk haar werk verloor!Saam met haar nuwe vriende Kumiko en die tweeling Douw en Devan besluit sy om ondersoek in te stel en die vlinders te red – saam met haar ma se werk.Hierdie boek, die eerste titel in ’n nuwe reeks, is ’n prettige en avontuurlustige speurverhaal vir jong lesers deur Marita van Aswegen en pragtig geïllustreer deur Cheslea Taylor.
About the Author
Marita van Aswegen van Bloemfontein skryf kinderboeke, jeugboeke, gedigte en kortverhale vir jonk en oud. Sommige boeke is in Engels en Suid-Sotho vertaal.
Sy geniet kuiertye saam met haar kleinkinders, skilder graag, hou van reis, lees (veral speurverhale) en om in die natuur te wees. Kleurvolle stilte hou haar hart wakker.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace