Product Description
Op die Keper Beskou – Oor die Ontstaan van Afrikaans
Author: HP Grebe
Format: Physical Hardcopy
Dit is duidelik dat 'n versameling waardevolle historiografiese gegewens oor Afrikaans in Op die Keper Beskou opgesluit is. Enersyds bevat dit die optekening, samevatting en verwerking van sienings en insigte deur taalwetenskaplikes oor 'n lang periode wat hulle met kwessies rondom die wording van Afrikaans as taal in al sy historiese variêteite besig gehou het, en andersyds lewer Heinrich Grebe ?n eie bydrae tot die debat deur ?n kritiese ontleding van verskillende standpunte.
Grebe doen daarby ook verslag van eie empiriese navorsing, in aansluiting by die teoretiese beskouings oor die verskillende ontstaanshipoteses. Hierdie teks het die potensiaal om as belangrike verwysingsbron te dien en tot 'n beter begrip van die teoretiese debat oor die ontstaansprosesse van Afrikaans te lei.
Prof. Ernst Kotzé Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Port Elizabeth
Contents:
-
AFDELING 1: ONTSTAANSTEORIEË Hoofstuk 1 Vroeë standpunte oor Afrikaans Hoofstuk 2 Nuwer beskouinge oor Afrikaans
-
AFDELING 2: DIE OOSGRENS-HIPOTESE AS TEORETIESE KONSTRUK Hoofstuk 3 Die historiese juistheid van die begrip Hoofstuk 4 Die teoretiese status van die begrip
-
AFDELING 3: STANDAARDAFRIKAANS EN DIE KONSTRUKSIE VAN IDENTITEIT
-
Hoofstuk 5 Onder die stolp van die tyd vandaan: ‘n voorstudie na die standaardisering van Afrikaans
-
Hoofstuk 6 De taal is gans het volk ? taalstandaardisasie en die konstruksie van identiteit
-
Hoofstuk 7 Die preekbundel as getuienis ? Standaardafrikaans in die vroegtwintigste eeu
-
Hoofstuk 8 Die transkripsie van ‘n Overbergse teks ? Overbergs of Transvaals?
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.