Product Description
'n Hele Os vir 'n Ou Broodmes
Author: A Coetzee
Format: Physical Hardcopy
Sedert die eerste plase in 1657 aan vryburgers toegeken is, word die Afrikaner met die plaas en grond geassosieer. Hierdie boek ondersoek die verbintenis tussen wit setlaars en boerdery, en later tussen die Afrikaner, grond en die plaas. Die moontlike ontstaan van 'n Afrikaner-identiteit as gevolg van hierdie verbintenis word nagegaan. Die vraag word gevra wat van daardie identiteit sal word wanneer die nuwe Grondhervormingswet die grond van wit boere hertoegewys het.
Kan "identiteit" in die postmoderne era in elk geval nog absolute waarde hê? Die skrywer gebruik die Afrikaanse plaasroman as vertrekpunt, maar die boek bestaan nie uit konvensionele literêre ontledings nie. Die letterkunde word gelees as deel van die geskiedenis van Afrikanerbewuswording, en ook as medebepalend in die vorming daarvan. .
Contents:
-
1. “My geboortereg gee my ‘n serwituut oor dié grond” Die betekenis van die plaas
-
2. “Midts conditie dat sy vee souden brenghen” Ruilwaarde en representasie
-
3. “Duytsman altyd kallom: icke Hottentots doot makom” Die stem van die ander
-
4. “… om die beste te doen wat ons Afrikaners kan doen, en dis boer” Skepping van ‘n gemeenskap
-
5. Ons boere is almal moerland toe” Bedreiging van die plaasbestaan
-
6. “Dis ‘n land wat mense laat skuldig voel” Skuld en skuldgevoelens
-
7. “En ek het ‘n verhaal huis toe gebring” Die skepping van die teks
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.