CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

KomInPas met Afrikaans: Huistaal Gr. 4-7

R0.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799371567
UPC:
9780799371567
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

KomInPas met Afrikaans: Huistaal Gr. 4-7

Authors: C. de Villiers, C. Kruger

Format: Paperback

Recommended for ages 8+

 

Die handleiding is vir Afrikaans Huistaal-leerders van graad 4 tot 7 opgestel. Die boek word dus eenmalig aangekoop en word in graad 4, 5, 6 en 7 gebruik.

Die handleiding som die teorie van taalleer, sowel as literêre begrippe vir die laerskoolleerder op. Wenke in die benadering van leesvaardigheid word ook gegee.

• Afdeling A is ’n chronologiese opsomming van die taalleer. By elke aspek van die taal is daar lyste per graad opgestel, wat progressie verseker. Leerders behoort aan die einde van graad 7 ’n ryk woordeskat te hê.

• Afdeling B bevat wenke vir die beantwoording van begripstoetse en visuele tekste.

• Afdeling C is ’n opsomming van letterkundige- en poetiese aspekte vir die laerskoolleerder.

Onderwysers hoef nie meer kosbare tyd aan die opstel van notas te spandeer nie. Verder word tyd ook gespaar, omdat leerders nie meer notas hoef uit te knip en in te plak nie. Geld word ook gespaar aangesien afrolwerk nie meer nodig is nie. Elke onderwyser kan sy eie kreatiwiteit in die opstel van werkkaarte gebruik. Werkkaarte bly dus altyd relevant en die vernuwing van werkkaarte is dus geen probleem nie. Die handleiding beskik oor verskeie praktiese voorbeelde, en leerwerk vir byvoorbeeld spelling kan uit die handleiding gegee word.

Die handleiding is kleurvol en gebruikersvriendelik. Daar is oulike wenke wat leerders help om sekere reëls maklik te onthou en daar is nota-blokkies waar leerders addisionele notas kan maak. Die handleiding is ook van ’n gemaklike grootte en lig genoeg om daagliks skool toe te bring.

Voordele vir Ouers:

• Koste-effektief: Een boek word van graad 4 tot 7 gebruik.

• Daar is stapsgewyse verduidelikings wat die ouer help om sy kind te help.

• Die uitleg maak leer maklik. Die aspekte van die taalleer volg op mekaar.

• Daar is duidelike progressie van graad 4 tot 7.

• Gekleurde kolomme maak leerwerk makliker en aantrekliker.

• Illustrasies is gepas en elke wenk- of onthou-blokkie word met ’n spesifieke illustrasie beklemtoon.

• Daar is voldoende plek waar leerders hul eie notas kan maak.

• Lig genoeg om gemaklik elke dag skool toe te neem.

• Goeie kwaliteit bindwerk.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
01/11/2017
Language:
Afrikaans
Pages:
136
Dimensions:
297 × 210 mm