Product Description
Doodgewoon mevrou Smit
Author: Elizabeth Wasserman
Format: Paperback
Bendes in die Kaap is weer op mevrou Smit se spoor. Sy sal self moet ingryp as sy haar doodgewone lewe wil behou.
Al wat sy wil wees, is doodgewoon. Maar dít is vir mevrou Smit nie so maklik beskore nie. Sy en Tomas is uiteindelik getroud, maar sy trek vinnig haar kop uit die huweliksknoop toe iemand uit haar verlede weer opduik om moeilikheid te maak. ’n Ou vriend van haar gewese man probeer ’n ooreenkoms tussen mevrou Smit en die polisie beding om die uitbreiding van die Kaapse onderwêreld te stuit, in ruil vir haar veiligheid. Dinge loop skeef, en mevrou Smit moet bontstaan om te keer dat meer bloed vloei.
About the Author
Elizabeth Wasserman is ’n patoloog bekend vir haar gewilde kinderboekreekse Speurhond Willem, Anna Atoom en die Elf dae-reisavonture vir tieners. Haar werk is met die MER-prys, ’n ATKV-Woordveertjie en ’n prys van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer. Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag is haar derde roman vir volwassenes.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.