CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag

R330.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781776380817
UPC:
9781776380817
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag

Author: Elizabeth Wasserman

Format: Paperback

Ou geraamtes en nuwe gevare. Mevrou Smit moet haar eie reëls neerlê om te oorleef … ’n Vloed spoel ’n dekades oue geraamte op die oewer van die rivier oop en Aronspoort is weer vasgevang in ’n blyspel van intriges. Mevrou Smit wil die raaisel oplos voor sy weer paaie kruis met daardie lastige Kaapse speurder. Intussen kry Hester die ystervark ’n maat en mevrou Smit se smeulende verhouding met dokter Tomas vat vlam.

Maar dit is moeilik om op hartsake te konsentreer terwyl ’n moordenaar koelbloedig die verlede probeer toesmeer. Skuil daar meer agter oom Apie se dood? Wat weet tannie Annatjie en haar heldersiende niggie Hanna? Was die vars sterfte op die dorp werklik ’n ongeluk? En kan die verhouding tussen mevrou Smit en dokter Tomas tot iets lei wat haar uiteindelik op Aronspoort sal anker?

About the Author

Elizabeth Wasserman is ’n patoloog bekend vir haar gewilde kinderboekreekse Speurhond Willem, Anna Atoom en die Elf dae-reisavonture vir tieners. Haar werk is met die MER-prys, ’n ATKV-Woordveertjie en ’n prys van die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer. Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag is haar derde roman vir volwassenes.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Mevrou Smit se Reels Vir Goeie Gedrag
Authors:
Elizabeth Wasserman
Series:
Mevrou Smit
Publication Date:
01/03/2025
Language:
Afrikaans
Pages:
256
Dimensions:
234 × 153 × 22.12 mm
Weight:
140 g