CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Smit Motors

R330.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780799394566
UPC:
9780799394566
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Smit Motors

Author: Réney Warrington

Format: Paperback

 

Jou buurman dink hy besit die polisie...

Petra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in ’n klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou maar Petra gaan - heel nuuskierig - kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie.

Daar aangekom ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman - hy is ’n vroueslaner en hy skeep sy seun Monty af - maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop.

Petra wat baie lief was vir haar oupa wil nie die erflating aan so ’n persoon verkoop nie en ’n mini-oorlog breek uit.

Dinge word nog moeiliker toe Arno - ’n reus van ’n man met die psige van ’n kind - aan haar deur kom klop. Hy wil help.

Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun Monty.

Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf bly tweede kom in die oorlog met die slagter.

Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal.

Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats Arno en Monty die oorlog kan wen?

Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter so ook is die Johanna Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan - ’n kunstenaar - vasgevang in ’n luukse Sweedse kunstepark. Nog ’n perspektiefkarakter.

Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal?

Smit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou terwyl die leser die speurwerk moet doen wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is - Wie s’n?

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
Wenkbrou
Publication Date:
01/05/2019
Language:
Afrikaans
Pages:
260
Dimensions:
190 × 130 × 20 mm
Weight:
0.3 kg