Product Description
Insigte uit Opvoedkundige Sielkunde (WebPDF)
Authors: I. Eloff, E. Swart
Format: Digital
Indien jy op soek is na die jongste navorsing en praktykwerk in Opvoedkundige Sielkunde in Suid-Afrika is hierdie die boek vir jou. Navorsers en praktisyns van sestien Suid-Afrikaanse universiteite het saamgewerk om kort, kragtige, insiggewende en konstekstueel-relevante hoofstukke aan te bied oor Opvoedkundige Sielkunde op die oomblik.
Opvoedkundige Sielkunde as 'n wetenskap word verken in 'n wye verskeidenheid kontekste en dit word in verband gebring met die dinamiese van opvoedkundige sielkunde. Die boek maak gebruik van Suid-Afrikaanse voorbeelde wat diep geworteld is in die Suid-Afrikaanse samelewing. Op hierdie wyse word genuanseerde sieninge van die kompleksiteite van Opvoedkundige Sielkunde as 'n ontwikkelende vakgebied aangebied.
Contents:
-
Deel 1: Inleiding
-
Hoofstuk 1: Opvoedkundige sielkunde as wetenskap en beroep in Suid-Afrika
-
Hoofstuk 2: Opvoedkundige sielkunde as die kruispunt tussen filosofie en sielkunde en opvoedkunde
-
Hoofstuk 3: Die rol van opvoedkundige sielkundiges in onderrig en leer
-
Hoofstuk 4: Kinderregte in Suid-Afrika: Implikasies vir opvoedkundige sielkundiges
-
Deel 2: Onderwysers
-
Hoofstuk 5: Om ’n onderwyser te word
-
Hoofstuk 6: Onderwysers as rolmodelle
-
Hoofstuk 7: Die emosioneel intelligente onderwyser
-
Deel 3: Onderrig en leer
-
Hoofstuk 8: Onderrig vir leer in Suid-Afrikaanse skole: ’n Sosiokulturele benadering
-
Hoofstuk 9: Leerteorieë en die gebruik van tegnologie in die klaskamer
-
Hoofstuk 10: Leerstyle en intelligensies in uiteenlopende klaskamers
-
Hoofstuk 11: Gelyktydige multisensoriese onderrig om kinders se akademiese prestasie te verbeter
-
Hoofstuk 12: Inheemse stories en speletjies as benaderings tot onderrig in die klaskamer
-
Hoofstuk 13: Geheelkinderontwikkeling deur middel van formele onderrig en leer
-
Deel 4: Kognisie
-
Hoofstuk 14: Kognisie in die wêreld van aksie
-
Hoofstuk 15: Piaget, denknetwerke en om te leer hoe om in die wêreld op te tree
-
Hoofstuk 16: Vygotsky, regulering van belyning met instrumente, mense en die wêreld
-
Hoofstuk 17: Kennis van neurowetenskap vir die klaskamer
-
Hoofstuk 18: Kognitiewe sielkunde: Post-Piagetiaanse sienings oor konseptuele veranderinge in die kinderjare
-
Hoofstuk 19: Identiteit, motivering en prestasie
-
Deel 5: Taal
-
Hoofstuk 20: Insigte in taalontwikkeling en -verwerwing
-
Hoofstuk 21: Kommunikasie regoor die kurrikulum
-
Hoofstuk 22: Geïndividualiseerde leerderondersteuning
-
Deel 6: Gesondheid en welstand
-
Hoofstuk 23: Onderwyserwelstand en die rol van positiewe sielkunde
-
Hoofstuk 24: Bevordering van psigososiale welstand in onderrig-en-leer-omgewings
-
Hoofstuk 25: ’n Verhoudinggefokusde benadering tot die optimale ontwikkeling van leer en welstand
-
Hoofstuk 26: Positiewe sielkunde en diversiteit: Akkumulasie van sterkpunte
-
Hoofstuk 27: Skoolgebaseerde aanmoediging van veerkragtigheid
-
Hoofstuk 28: Die rol van selfspraak in selfregulering
-
Deel 7: Insluiting
-
Hoofstuk 29: Inklusiewe onderwys: Die wêreldwye beweging
-
Hoofstuk 30: Inklusiewe onderwys in die Suid-Afrikaanse konteks
-
Hoofstuk 31: Leerondersteuning in Suid-Afrika
-
Hoofstuk 32: Onderwysersamewerking en medewerking met skoolgebaseerde ondersteuningspanne
-
Hoofstuk 33: Gestremdheid en inklusiewe indiensneming deur die lens van opvoedkundige sielkunde
-
Deel 8: Skole
-
Hoofstuk 34: Beskouing van skoolgebaseerde intervensies: Waaraan moet jy dink?
-
Hoofstuk 35: Versterking van ouervennootskappe
-
Deel 9: Opvoedkundige sielkundige ondersteuning
-
Hoofstuk 36: Opvoedkundige sielkunde en estetiese onderrig
-
Hoofstuk 37: Geslagsopvoeding
-
Hoofstuk 38: “Tienerswangerskap” of vroeë voortplanting
-
Hoofstuk 39: Verkenning van die kompleksiteit van aggressie en geweld binne die skoolkonteks
-
Hoofstuk 40: Gender en geweld teen vroue en meisies
-
Hoofstuk 41: Begaafdheid
-
Hoofstuk 42: Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring en die rol van die opvoedkundige sielkundige
-
Hoofstuk 43: Assessering en ondersteuning van leerders met outismespektrumversteurings
-
Hoofstuk 44: Die brein, kognisie en neurofisiese aantasting
-
Hoofstuk 45: Doeltreffendheid van die studente-ondersteuningsdienste
-
Deel 10: Loopbane
-
Hoofstuk 46: Lewensontwerp: Die kern daarvan om mense te help om suksesvolle lewens te bou en sosiale bydraes te maak
-
Hoofstuk 47: ’n Rigtingwyser vir loopbaanroetes in opvoedkundige sielkunde
-
Hoofstuk 48: Kanale vir tegniese en beroepsgerigte opleiding in die skoolkurrikulum
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.