CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Z-A-K: Die avonture van Lionel Afrika

R120.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780639602660
UPC:
9780639602660
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Z-A-K: Die avonture van Lionel Afrika

Author: Theresa van Baalen

Format: Paperback

Recommended for ages 13+

 

Die dag toe die aliens gekom het, het doodgewoon begin. Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie.

Nog minder het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly. Maar gelukkig is hy nie heeltemal alleen nie.

Grol en Slom, die twee Anuras wat hom aan brulpaddas herinner, ontferm hulle oor hom en maak dit hulle missie om hom te beskerm. Hulle sal nie rus voor hy sy vriende weer gevind het nie.

En so begin die grootste avontuur van Lionel se lewe!

 

About the Author

Theresa van Baalen skryf stories vir alle ouderdomsgroepe, maar is veral bekend vir die prenteboek Karla Krullebol, asook die Sanri Steyn-reeks. Sy is van kleins af ’n boekwurm en alhoewel sy mettertyd ook boeke vir volwassenes begin lees het, het sy nooit haar voorliefde vir kinder- en jeugboeke ontgroei nie.

As skrywer is dit steeds haar eerste liefde en sy kan nie aan ’n lekkerder werk dink as om stories vir jong lesers te skryf nie. Theresa woon op Port Nolloth waar sy ’n stukkie halfwoestyn in ’n tuin probeer verander en plesier put uit die manewales van ’n klomp halfmak wilde katte.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Z-A-K
Publication Date:
14/05/2021
Language:
Afrikaans
Pages:
128
Dimensions:
212 × 137 mm
Weight:
0.1 kg