CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Die ware avonture van Adelie en Riley: Die swembadmonste

R170.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780637001335
UPC:
9780637001335
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Die ware avonture van Adelie en Riley: Die swembadmonste

Author: Felicia Snyman-Du Toit

Format: Paperback

Recommended for ages 7+

 

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie.

Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...In “Die Swembadmonster” verander ’n prettige dag in die swembad in ’n avontuur waarin ’n groot seekat vir Adelie en Riley probeer vang. Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom is daar ’n stuk slymerige poot wat agter bly?

 

About the Author

Felicia Snyman is ’n skrywer wat in Springs gebore is, waar sy haar skoolloopbaan suksesvol voltooi het. Sy het na skool haar LLB met lof by die Universiteit van Pretoria verwerf, waar sy ook haar eerste werkservaring as akademiese medewerker opgedoen het. Felicia het daarna ʼn meestersgraad in Handelsreg, spesifiek Arbeidsreg en Sosiale beskerming aan die Universiteit van Pretoria met lof verwerf. Sy werk as prokureur en mediator.
Haar liefde vir lees het oorgegaan in die passie om ander te leer en sy het as regsdosent doseer. Sy het al by talle internasionale konferensies aanbiedings en referate gelewer en is ʼn geakkrediteerde mentor. Sy is ook ʼn geregistreerde ondernemingsreddingspraktisyn en beskik oor ʼn teachers kwalifikasie in modellering.
Felicia se groot droom is bewaarheid toe haar eerste Romanza, ʼn Duisend keer ja, in 2016 gepubliseer is. Sy spog tans as beide ’n romanse- en kinderboekskrywer met verskeie titels onder haar eie naam. Meeste van die inspirasie vir haar skryfwerk spruit uit haar werk en gesprekke met haar hartsmense. Sy sien die hartseer gedeeltes van ander raak waarin daar soveel potensiaal vir ʼn gelukkige einde opgesluit lê.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Die ware avonture van Adelie en Riley
Publication Date:
01/03/2023
Language:
Afrikaans
Pages:
48
Dimensions:
212 × 137 × 6 mm
Weight:
0.1 kg