CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Waar onthou begin

R300.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781485904465
UPC:
9781485904465
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Waar onthou begin

Author: Connie Luyt

Format: Paperback

Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie.

’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit.

Maar die onthou bring seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ’n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna.

Elfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank.

Onderliggend aan haar verhaal loop nog ’n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars ’n fluistering in die geskiedenis was.

About the Author

Connie Luyt is die skrywer van verskeie kortverhale en romans, onder meer Meer as een grens, Lang skaduwees oor Afrika en Reën oor die Serengeti, laasgenoemde twee vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem en ook in Nederlands vertaal. Sy is in Malmesbury gebore en het tale en geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy woon in Pretoria.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Waar Onthou Begin
Authors:
Connie Luyt
Publication Date:
28/07/2020
Language:
Afrikaans
Pages:
272
Dimensions:
234 × 153 × 21 mm
Publisher:
Penguin Random House
Format:
Paperback