CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Vlam in die sneeu

R950.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781415208939
UPC:
9781415208939
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Vlam in die sneeu

Author: André Brink

Format: Hardback

Die liefdesbriewe van André P Brink & Ingrid Jonker

Op 29 April 1963 stuur Ingrid Jonker ’n telegram aan Andre P. Brink om dankie te se vir blomme en ’n brief wat hy vir haar gestuur het. Hulle het mekaar ’n paar dae tevore ontmoet. Hy was agt-en-twintig; sy ’n jaar ouer. So begin ’n briewewisseling tussen twee skrywers wat duur tot sy laaste brief aan haar in April 1965.

Jonker verdrink haarself by Drie ankerbaai drie maande daarna. ’n Halfeeu later kom hulle liefdesbriewe vir die eerste keer aan die lig en ontvou daar in meer as tweehonderd skrywes een van Suid-Afrika se aangrypendste liefdesverhoudings. “Moenie – Here, Ingrid – in Jan [Rabie] se huis doen wat jy wou doen nie.

Daar is geen redelike gronde waarop ek jou kan – of wil – oortuig nie. Dalk dring ek daarop aan uit suiwer selfsugtige oorwegings. Maar moenie. Jy moet nog dinge maak soos “Begin somer”, “Dood van ’n maagd”, “Bitterbessie dagbreek”, “Art poetique”, die reeks “Intieme gesprekkies”; en ons moet saam weer maak wat nie in Afrikaans “gemaak” kan word nie: liefde.” – AB, 21 April 1963. “Jy moet tog nie die boek Die ambassadeur noem nie.

Niemand sal dit koop nie … dis so ’n stowwerige ou titel.” – IJ, 1 Mei 1963. “Dink jy dis wys om Bartho [Smit] en Stephen [Etienne le Roux] saam (ons twee saam) te sien? Ek sal jou in elk geval nie dwarsboom nie – het net gewonder! Want tot ek jou mooi brief gekry het, het ek die saak as ’n hot top secret behandel. Tot datum weet net Juliana Bouws – ek moes iemand vertel!” – IJ, 20 November 1964.

Francis Galloway doen navorsing op die terrein van boekgeskiedenis en uitgeweryondersoek. Sy is die redakteur van die afdeling geesteswetenskappe van LitNet Akademies. Gedurende haar loopbaan was sy ’n dosent in Afrikaanse letterkunde en in uitgewerswese; ’n navorser van die Suid-Afrikaanse literatuursisteem en ’n akademiese uitgewer. Sy is die samesteller of skrywer van oorsigte en artikels oor die plaaslike boeklandskap.

About the Author

Andre Brink (1935 - 2015) was one of South Africa's most prominent writers and is the author of several novels, including A Dry White Season, Imaginings of Sand, The Rights of Desire, The Other Side of Silence and Philida. He has won South Africa's most important literay prize, the CNA Award, three times and has twice been shortlisted for the Booker Prize. His last novel, Philida, was longlisted for the Booker Prize in 2012.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Vlam in die Sneeu Beperkte Uitgawe
Authors:
André Brink
Publication Date:
18/11/2015
Language:
Afrikaans
Pages:
456
Dimensions:
227 × 170 mm
Weight:
1425 g