Product Description
Via Afrika Wiskundige Geletterdheid Graad 12 Leerderboek
Format: Physical Hardcopy
Tydens hierdie finale, opwindende jaar in Wiskundige Geletterdheid, sal jy verby die grense van jou bestaande kennis gaan, en dit wat jy reeds weet in onbekende kontekste toepas. Dit sal vir jou moontlik wees om ‘n klomp nuwe situasies te ontleed, vergelyk en tot jou eie gevolgtrekking te kom. Jy sal jou kennis omtrent grafieke uitbrei.
Jy sal veelvoudige-stap berekeninge doen. Jy sal insig bekom omtrent die wêreld van finansies wanneer jy van salarisstrokies, IRP5 en bruto inkomste leer. Hierdie is net ‘n klompie van die nuttige leerareas wat gedek sal word. Jy sal ook tyd spandeer aan die hersiening van vorige werk vir jou eksamen, aangesien hierdie boek al die oefeninge bevat wat jy nodig het om jou beste te lewer. Welkom by hierdie jaar van ontdekking, van nuwe vaardighede en kennis, en om van die bekende na die onbekende te gaan – van skool na die wêreld daarbuite.
Features:
-
Volkleur, A4 grootte handboek.
-
Pragtige illustrasies en keurige uitleg.
-
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringbeleidsverklaring (KABV) te voldoen.
-
Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ‘n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys.
-
Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik.
-
Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het.
-
‘n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer.
-
Die Formele Assesseringstaak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir dié wat in die klas voltooi moet word.
-
Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening.
-
‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.