Product Description
Via Afrika Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 7 Novelle: Raider van Manenberg
Format: Physical Hardcopy
“ Ry? ” Raider se asem begin jaag. Hy onthou wat Duiwel gesê het, dat die man sal sorg dat hy honest bly. “Ek mag nie in vreemde karre klim nie –” begin hy en byt sy tong raak toe hy met een haal van sy voete af gepluk word.
“Ek maggie in vreemde karre klimmie,” tart die man. “Is daai wat djille innie skool leer?”
Raider is in die moeilikheid. Diep in die moeilikheid. En hy het niks eens gedoen nie! Hy was net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd … saam met die verkeerde mense. Mense soos Gatiep en Duiwel, gangsters wat hom ingesleep het by hulle planne en drugs op hom geplant het.
Nou sal hy nooit weer vir Sunshine, sy tweede ma, sien nie. Ook nie vir Bridget nie. Mooi Bridget wat so slim is sy kan lees wat in sy kop aangaan. Nou is sy lewe oor. Of is dit? Kan hy homself nog red? Is daar mense wat hom kan help om homself te help? Lees en vind uit!
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.