Product Description
Uitverkies
Author: Noreen Nolte
Format: Paperback
Recommended for ages 15+
LAPA Jeugromankompetisie 2022
Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde dertien gesigte waarin sy dag-in, dag-uit vaskyk...
Dan word Zia se boetie beseer en hulle het medisyne nodig wat net in die Kolonie gevind kan word – agter die hoë, geëlektrifiseerde heinings. Dis haar kans om terug te gaan en self die waarheid te gaan soek.
Gaan die antwoorde wat sy kry wees wat sy wil hê … of wag daar ’n ver donkerder noodlot op haar?
About the Author
Noreen Nolte woon in die Boland saam met haar gesin. Haar jeugromandebuut, Om te dans, het in 2017 verskyn.
Noreen se liefde vir woorde kom al van haar kinderdae in 'n huis vol boeke. Sy het in 1995 in Somerset-Wes gematrikuleer en in 2002 haar meestersgraad in voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch behaal.
Sy het vir 'n paar jaar in die voedselbedryf gewerk, totdat sy as balletonderwyseres gekwalifiseer het om haar jarelange liefde vir ballet uit te leef. Sy het die lekkerte van boeke van voor af saam met haar kinders ontdek, wat haar aan die skryf gekry het.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace