Product Description
Taalwerkboek Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10-12
Authors: Joline de Klerk, Mia Singels
Format: Paperback
Recommended for ages 15+
Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Huistaal Graad 10-12 ideaal maak:
Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans Huistaal met oefeninge vir taalstrukture en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordkeuses, sinsbou, spelling, punktuasie, woordeskat-uitbreiding en kritiese taalbewustheid. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamen-vraestel 1 vir Afrikaans Huistaal (NSS en IEB) opgestel.
Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke.
Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.
About the Authors
Joline de Klerk en Mia Singels is beide ervare onderwysers met baie jare ondervinding in die Afrikaansklaskamer. Beide van hulle is betrokke met die skryf van studiegidse en/of Klasgids-artikels en het baie ondervinding met die nasien van matriekvraestelle in die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen.Mia Singels is ’n oudonderwyser, met 13 jaar onderwys-ondervinding.
Gedurende hierdie tyd werk sy ook as vryskutontwikkelaar en -skrywer vir verskeie uitgewers van opvoedkundige boeke. Sy is sedert 2021 ’n vakspesialis en ontwikkelaar vir Afrikaans Huistaal by die MOS Skolegroep waar sy haar beywer om die kurrikulum op ’n vars en interaktiewe manier aan hoërskool-leerders te verpak.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace