CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Stella se dogters

R320.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781776352654
UPC:
9781776352654
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Stella se dogters

Author: Helene de Kock

Format: Paperback

Stella Bennet van die plaas Ommekeer het drie dogters – en hulle het probleme.

Niemand sal Julia glo dat sy in haar huwelik verbaal mishandel word nie.

Niemand sal begryp dat Pauli verlief is op die verkeerde man nie. Veral aangesien sy so ’n verstandige man aan haar sy het.

Niemand sal ooit weet hoe broos Teresa is nie. Want sy is hierdie hardekwas advokaat wat geen man nodig het nie.

Die drie dogters se lewens word verder gekompliseer deur vier manne: Frans de Wet, wat langsaan op Genotsfontein boer, Martin Joubert, die prokureur op die dorp, ’n plaaslike dokter James Cameron, en dokter Michael de Waal, ’n chirurg wat vanuit die buiteland terugkom om op sy tuisdorp te praktiseer.

Al drie Stella se dogters ly tot ’n mate aan ontkenning, ontkenning van wat werklik is en van wat hulle regtig wil hê.

Maar die lewe het ’n manier om die erkenning van waarhede af te dwing.

About the Author

Helene de Kock is 'n welbekende skyrwer wat meer as 40 liefdes-, Christelike- en historiese romans gepubliseer het. Sy het 'n doktorsgraad in kreatiewe skryfwerk en dien op die raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds, gee klas in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van die Noord-Wes se atkv-Skryfskool, resenseer kontremporêre en populêre vrouefiksie vir die media en doen steeds ook joernalistieke werk. Sy is bekend daarvoor dat haar werk die milieu en tydsgees besonder akkuraat vasvang. Sy skryf graag oor die liefde, maar lê veral klem op die werklikheid en die eise wat die lewe aan verhoudings stel.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher Title:
Stella se dogters
Authors:
Helene de Kock
Publication Date:
02/03/2022
Language:
Afrikaans
Pages:
272
Dimensions:
234 × 153 × 19 mm