Product Description
Spienekelientjies: Taalmusiek vir kleintjies
Author: Antjie Krog
Format: Paperback
Recommended for ages 7+
DIE BOEK
Spienekelientjies: Taalmusiek vir kleintjies
Ek was my goed met Omo
ek spoel dit uit met Sta-Soft
ek hang dit op met pennetjies
en môre is dit droog
Jik Jak spienekelientjies
Jik Jak spienekelientjies
Jik Jak spienekelientjies
môre is dit droog.
Spienekelientjies is ‘n kleuterverseboek wat deur Antjie Krog saamgestel is. Lees en leer ou bekende versies soos “Trippe trappe tone” asook ‘n paar oorspronklike versies uit die pen van die Antjie Krog.
‘n Pragtige bundel wat sorgvuldig saamgestel is om jong kinders aan die taalmusiek van versies bloot te stel. 'n moet-hê-versameling vir elke huis!
THE BOOK
Spienekelientjies: Taalmusiek vir kleintjies
Ek was my goed met Omo
ek spoel dit uit met Sta-Soft
ek hang dit op met pennetjies
en môre is dit droog
Jik Jak spienekelientjies
Jik Jak spienekelientjies
Jik Jak spienekelientjies
môre is dit droog.
Spienekelientjies is a poetry collection that has been compiled by Antjie Krog. Read and learn old verses like “Trippe trappe tone” as well as a few new poems exclusively written for the book by Antjie Krog.
A beautiful collection that has been carefully compiled to introduce young children to the music you hear when poetry is read aloud. A must-have book for every household!
About the Author
Antjie Krog is gebore en word groot in die Vrystaat. Sy was sewentien toe haar eerste digbundel verskyn.
Hierna volg ’n verdere dertien bundels. Sy was redakteur van die politieke tydskrif Die Suid-Afrikaan en werk later as radiojoernalis.
Sy is internasionaal veral bekend vir haar boek Country of my skull, ’n persoonlike verslag van die Waarheid-en-versoeningskommissie. Vir haar joernalistieke werk is sy met die Pringle-toekenning bekroon.
Sy is ook die skrywer van ’n Ander tongval en Begging to be black. Krog ontvang die belangrikste toekennings in die genres waarin sy werk: poësie, niefiksie en vertaling, onder meer die Eugène Marais-prys, die Hertzogprys, die Alan Paton-prys en die Olive Schreiner-prys.
Sy is vereer met die Hiroshima Peace Culture Foundation se Stockholm-toekenning, die Sentraal-Europese Universiteit se Open Society Prize en die Nederlandse Gouden Ganzenveer. Sy is getroud met die argitek John Samuel.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace