Product Description
Breinspeletjies vir slimkoppe
20 bord-speletjies ingesluit
Author: Ronel Barkhuysen
Format: Game
Recommended for ages 7+
Breinspeletjies vir slimkoppe bevat 20 bord- en breinspeletjies wat kinders stimuleer deurmiddel van beweging! Die speletjies kom saam met ʼn handleiding met kort stories en instruksies vir beweging. Kinders kan uitsien na beter konsentrasie, geheue en logiese vaardighede! Hierdie stel bied ʼn reeks voordele, insluitend:
-Verbetering van aandag, analitiese denke, liggaamsbalans,handskrif, breinaktiwiteit, leer- en leesspoed;
-Ontwikkeling van taktiese (aanraak) en vestibulêre (luister)sintuie, logiese denke, geheue, skryf, wiskundige, organisatorieseen fonologiese vaardighede;
-Versterking van nek-, bo-bors- en skouerspiere;
-Oefening van hand-oog en hand-voet koördinasie, middellynkruising en koördinering van laterale beweging;
-Verhoogde kreatiwiteit;
-Help met ADD, ADHD en disleksie.
About the Author
Ronel Barkhuysen was ʼn nasionale onderrigpryswenner, wat gespesialiseer het in vroeëkinderontwikkeling. Ronel was deel van ʼn effektiewe onderrigeenheid wat materiaal ontwikkel het en aktiwiteite binne en buite die skoolomgewing georganiseer het.
Ronel het kundigheid geput uit haar jarelange netwerk met verskeie skole, rondom vroeëkinderontwikkelingsfase onderrigmetodes. Ronel is ongelukkig kort voor die publikasie van haar laaste titel oorlede.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace