CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Só Maak Ons Tuin – Maand in en Maand Uit

Now: R162.00
Was: R180.00
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781920217228
UPC:
9781920217228
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Só Maak Ons Tuin – Maand in en Maand Uit

Author: Reg Botha

Format: Paperback

Tuinmaak is deur die eeue 'n baie besondere stokperdjie wat werklik alle aanslae oorleef het en deel geword het van tuiniers se leefwyse. In Suid-Afrika stel tuinmaak in al die streke van ons land unieke uitdagings aan ywerige tuiniers.

Só maak ons tuin - maand in en maand uit verdeel Suid-Afrika in vyf tuinstreke wat ooreenstem met die erkende klimaatstreke. Die maandelikse tuinaktiwiteite in elke streek word behandel in die 'Take vir die maand', wenke word gegee, die 'Mier' het besondere boodskappies, 'n 'Plant van die maand' word behandel, verskeie tuinmaakaspekte word bespreek, soos komposmaak, snoeiwerk, voeding vir jou plante, peste- en plaebestryding, en ruimte word voorsien vir die tuinier se notas, waarnemings en beplanning.

Tuiniers raak toenemend bewus van die maanstand se invloed op grondvog, planttyd en groeiwyse van plante en dit word elke maand kortliks bespreek. Die aarde-elemente se verband met sterretekens en die invloed daarvan op die tuin word toegelig en tuiniers kan hulleself spieël in die maandelikse tong-in-die-kies sterretekenverklarings.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Authors:
Reg Botha
Publisher Title:
Só Maak Ons Tuin – Maand in en Maand Uit