Product Description
Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leesboek
Authors: Riens Vosloo, Fanie Viljoen, Pieter Grobbelaar, Linda Rode, Séan Verster, Antjie Krog, Piet Swanepoel, Sheila Cussons, D.J. Opperman, Alicia van der Spuy
Format: Softcover
’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Graad 5 Huistaal is volgens die vereistes van die KABV. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase.
Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie.
Daar is ook langer stories en volksverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer en gedigte om te lees vir genot.
Daar is ook heelwat tekste deur bekroonde skrywers, digters en dramaturge van wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie.
For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za
© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.