CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Outopsietafel: Stories van 'n Forensiese Patoloog in Afrika

R295.00
In stock
(0) Write a Review
SKU:
ISBN 9781776194704
UPC:
9781776194704
Condition:
New
Availability:
In stock at warehouse • Ships in +/- 5 working days,Imported title on pre-order • Awaiting stock from UK
Shipping:
Calculated at Checkout

Product Description

Outopsietafel: Stories van 'n Forensiese Patoloog in Afrika

Author: Ryan Blumenthal

Format: Paperback

As 'n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry.

In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer, sterftes weens natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is.

Blumenthal bied ’n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis en beskryf selfs 'n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens ’n ondersoek gebruik. Hy deel ook 'n paar geheime, soos hoe om vas te stel of ’n moord plaasgevind het en of iemand selfdood gepleeg het.

Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te sê – en Blumenthal is daar om te luister.


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

© 2026 Schoolspace. This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited.

Other Details

Publisher:
Jonathan Ball Publishers
Publisher Title:
Outopsietafel
Authors:
Ryan Blumenthal
Format:
Paperback