CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Na ’n plaas in Afrika

R390.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780639606262
UPC:
9780639606262
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Na ’n plaas in Afrika

Author: Irma Joubert

Format: Paperback

 

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit Londen ontruim na veiliger gebiede.

Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n klein dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom.

Aan die anderkant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun.

Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. 90 000 word gevange geneem, net sesduisendoorleef. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog.

Beide bevind hulself egter op pad na ’n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries. Na ’n plaas in Afrika is die derde boek in die trilogie ná Immer wes en Mentje, kind van Pas-opkamp.

Irma Joubert is die gewildste en mees geliefde skrywer van Afrikaanse historiese fiksie. Anders as met haar vorige boeke, word die verhaal grootliks vanuit twee manlike perspektiewe vertel.

 

About the Author

Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy het vir 35 jaar onderwys gegee (Afrikaans en Geskiedenis vir senior sekondêre leerders) voordat sy einde 2004 afgetree en begin skryf het.

Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel.

Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel. Irma se stokperdjies is lees en kook, veral buitelug kokerasies.

Haar gunsteling vakansieplek is die boendoes: woestyn-boendoes, Transkei-boendoes, Bosveld-boendoes, Afrika-boendoes.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Publication Date:
21/04/2021
Language:
Afrikaans
Pages:
560
Dimensions:
198 × 129 × 35 mm
Weight:
0.5 kg