CONTACT US


ENQUIRIES


OFFICE HOURS


Mon-Fri: 9am-4pm

Op die plaas-emosiereeks: Karamel se bene bewe

R130.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780639608273
UPC:
9780639608273
Condition:
New
Availability:
Most titles ship within 3–10 working days if in stock. Non-stock items may take up to 4–8 weeks to import from overseas or reprint.

Product Description

Op die plaas-emosiereeks: Karamel se bene bewe

Author: Theresa van Baalen  •  Illustrator: Megan Bird

Format: Paperback

Recommended for ages 5+

 

Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie. Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang. Die Op die plaas-emosiereeks bied ’n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit ’n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer. Elk van die vier boeke bevat ’n QR-kode wat geskandeer kan word vir die oudioboek met voorlesing deur die befaamde en talentvolle Ruda Landman.

Hierdie reeks bestaan uit vier boeke:

Flori tel tot tien (9780639608259)

Smiley verloor sy glimlag (9780639608211)

Tjoppie se hart is seer (9780639608235)

Karamel se bene bewe (9780639608273)

 

About the Author

Theresa van Baalen skryf stories vir alle ouderdomsgroepe, maar is veral bekend vir die prenteboek Karla Krullebol, asook die Sanri Steyn-reeks. Sy is van kleins af ’n boekwurm en alhoewel sy mettertyd ook boeke vir volwassenes begin lees het, het sy nooit haar voorliefde vir kinder- en jeugboeke ontgroei nie.

As skrywer is dit steeds haar eerste liefde en sy kan nie aan ’n lekkerder werk dink as om stories vir jong lesers te skryf nie. Theresa woon op Port Nolloth waar sy ’n stukkie halfwoestyn in ’n tuin probeer verander en plesier put uit die manewales van ’n klomp halfmak wilde katte.

 


For custom orders and quotes: shop@schoolspace.co.za

This product description is the exclusive intellectual property of the publisher, protected under copyright law. Unauthorized use, adaption, or copying is strictly prohibited. © 2026 Schoolspace

Other Details

Imprint:
LAPA Publishers
Series:
Op die plaas-emosiereeks
Publication Date:
15/09/2021
Language:
Afrikaans
Pages:
32
Dimensions:
280 × 210 mm
Weight:
0.2 kg